Month: September 2017

Die Een Wat Verstaan

John Babler is die kapelaan vir die polisie- en brandweerdepartemente in sy gemeenskap. Tydens ’n sabbatsverlof van 22 weke het hy die polisie se akademie-opleiding bygewoon sodat hy ​​die situasie wat wetstoepassers in die gesig staar, beter kon verstaan. Deur tyd met die kadette te spandeer en van die uitdagings in die beroep te leer, het hy ’n gevoel van nederigheid…

Sien Jy God?

Skrywer en predikant Erwin Lutzer vertel ’n verhaal van die TV-gasheer Art Linkletter en ’n seuntjie wat ’n prentjie van God teken. Geamuseerd sê Linkletter: “Jy kan dit nie doen nie, want niemand weet hoe God lyk nie.”

“Hulle sal as ek hiermee klaar is!” het die seuntjie geantwoord.

Ons wonder dalk: Wie is God? Is Hy gaaf? Is Hy…

Deurgedra

Ek het onlangs op sommige van my kollegejoernale afgekom. Toe ek die inskrywings lees, het ek besef ek het nie tóé dieselfde oor myself gevoel as vandag nie. My stryd met eensaamheid en twyfel oor my geloof het destyds oorweldigend gevoel, maar as ek nou terugkyk, sien ek duidelik hoe God my na ’n beter plek geneem het. As ek sien hoe God my deur…

Die Bediening Van Rou

Gedurende 2002, ’n paar maande nadat my suster en haar man verongeluk het, het ’n vriend my genooi om ’n “Groei Deur Smart”-werkswinkel by te woon. Ek het teësinnig ingestem om die eerste sessie by te woon, maar het geen voorneme gehad om terug te gaan nie. Tot my verbasing vind ek ’n omgee-gemeenskap van mense wat streef om, met die hulp van…

Gee Dit Vir God

Toe ek ’n tiener was en deur uitdagings of besluite oorweldig is, het my ma my geleer om pen op papier te sit en dit sodoende in perspektief te sien. Toe ek onseker was oor spesifieke klasse wat ek wou neem of watter beroep om te volg, of hoe om die realiteit van volwassenheid te hanteer, het ek haar gewoonte aangeleer…

’n Stukkie Paradys

Terwyl ek uit die oop studeerkamervenster kyk, hoor ek voëls tjilp en ek sien en hoor hoe die wind liggies deur die bome waai. My buurman se nuutbewerkte land lê besaai met strooibale, en groot, wit cumuluswolke skitter ​​in teenstelling met die helderheid van die blou lug.

Ek geniet ’n stukkie van die paradys – dit is nou afgesien van…

Stap Na Krag

“Sal ons slange teëkom?”

Allan het dié vraag gevra toe ons langs die rivier naby ons huis gestap het.

“Ons het nooit vantevore een teëgekom nie,” het ek geantwoord, “maar ons kan! Laat ons die Here vra om ons veilig te hou.” Ons het gebid en verder gestap.

’n Paar minute later het my vrou skielik agteruit getree om ’n…

Kosbare Aanbidding

Ek aanbid en dien God deur te skryf – selfs meer noudat gesondheidskwessies dikwels my mobiliteit beperk. Toe ’n kennis sê dat hy geen waarde aan my geskrifte heg nie, was ek moedeloos.

Deur gebed, Bybelstudie en aanmoediging van my familie en vriende het die Here bevestig dat slegs Hy –  en nie die mening van ander nie – ons…

Vrede En Vertroue

Toe ek ses jaar oud was, het ek my vir die eerste keer saam met my broers op ’n tuimeltrein begewe. Toe ons die eerste draai teen ’n hoë spoed bereik, het ek benoud begin gil: “Stop die ding dadelik! Ek wil afklim!” Natuurlik het die tuimeltrein nie gestop nie, en met spierwit kneukels het ek tot aan die einde…

Moenie Alleen Hardloop Nie

My man Jack het slegs veertig van die twee en veertig kilometer afgelê toe sy kragte hom faal.

Dit was sy eerste marathon en hy het dit sonder ’n hardloopmaat aangedurf. Nadat hy vir water gestop het, het hy uitgeput langs die baan gaan sit. Hy kon etlike minute lank nie opstaan nie. Net toe hy hom daarby berus dat…